
=====================================================================
Ver van die einde aan ons woorde (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Ver van die einde aan ons woorde

  Haar kropgevoel s Afrikaans is nie op pad uit nie. Ook nie as reklametaal nie, s Linette Retief. DAAR'S baie dinge wat ek nie weet nie. 
Soos wat van Afrikaanse reklame in die nuwe millennium gaan word. Maar daar's ook 'n paar dinge wat ek wel weet. En nie net soos in weet 
nie. Soos in ervr.

Die een gaan om Pharos se nuwe woordeboek, getiteld, wel ... Nuwe Woorde wat ek onlangs by die Aardklopfees in Potchefstroom moes gaan 
bekendstel. Om 'n lang storie kort te maak, ek het van my kop tot my tone, van my bors tot my bas lekker gekry vir di fees van 
nuutskeppings -- van gigagreep tot by hygswyn, van kassiekneg tot by kulkoekie.

Sien, wat my betref, spreek dit van 'n lewensvatbaarheid wat ver verby die krag van formele geskrifte of verto strek. Ek het 'n vriend 
gehad wat altyd ges het: "The end of my words is the end of my world." En ek het altyd stilweg my o gerol en gedink dis muf verby. Maar 
ek besef nou dat in di uitdrukking, soos in alle muwwe clichs, nogal 'n element van groot diepte l. En dis nou juis daai ding wat Nuwe 
Woorde vir my so bemoedigend maak ... Kortom: dit is vir my duidelik soos daglig dat ons nog baie ver van die einde aan ons woorde is. (En 
dit, terloops, sluit in die vakkundige terminologie wat so 'n integrale deel van reklame vorm.)

Die tweede ding wat my laat besef het daar is nie 'n deur wat toemaak sonder dat 'n venster oopgaan nie, was Kakiebos Advertising se 
jaarlikse Kersfeespartytjie-cum-millenniumviering-cum-Halloween-pampoenspook-&-nuwe-kondome-paartie, waar dienswillig die uwe haar weer 
eens in die rol van gasspreker bevind het.

Daar staan ek toe met my (ek bieg, onnatuurlike) blonde dos, elegante swart uitrusting en amper veertig jaar op my persoonlike mylmeter -- 
en voor my sit 'n skare bestaande uit hoofsaaklik skrikwekkend funky kinders van so om en by die 18 tot 20 jaar. En hulle maak my bang, 
want hulle is so by. Maar hulle maak my bly, want hulle is so Afrikns...

Die ding is, ons lag almal oor dieselfde grappe. Ons huil oor dieselfde gedigte ... En ons kry lekker op plekke waar ander mense nie weet 
hulle het plkke nie. En dit alles oor hierdie taal wat skielik so opnuut roerend, so opnuut sexy, so opnuut skreeusnaaks, so UITEINDELIK 
funky is ... Wat mens laat besef dis OK om te hou van Kerkorrel en Carike, OK om te dink Constand Viljoen se o is so sexy soos Nelson 
Mandela se hemde ... Wat mens laat besef daar's 'n plekkie vir ons almal onder die Suid-Afrikaanse son.

Wat dit alles met Afrikaanse reklame in die nuwe millennium te make het, kan ek nie met vers en kapittel voorspel of bewys nie. Maar dis 
vir my 'n mosterdsaadjie van iets; van iets ... Want reklame in sy suiwerste en beste sin gaan uiteindelik nie om 'n massa-aanbod aan 'n 
massa-mark nie. Dit gaan om 'n persoonlike kommunikasie waar een party (die adverteerder) aan 'n ander (die teikenpersoon) s, "Hei pellie, 
ek weet wie jy is, ek weet hoe jy voel, ek weet wat jou hart laat klop en jou kop laat hop."

'n Ruk gelede het iemand vir my ges hulle weet nie hoekom mediabase derduisende rande bestee om met supergladde voorleggings en syfers en 
statistiek die lewensvatbaarheid van Afrikaans aan siniese mediabeplanners te probeer bewys nie. Hulle moet eenvoudig die hele spul na die 
Klein Karoo Nasionale Kunstefees toe vat. Daar kan hulle sien hoe ons almal van Voortrekker tot funky (met trotse bre borste en sakke vol 
geld!) by die Klein Karoo Pops sit en luister na Laurika wat "Die Gang" sing, na Nico Carstens wat lostrek met 'n Mona Lisa glimlag en 'n 
voetklop-tango, na David Kramer met "Skipskop", en Cutt Glass met sex appeal vir Afrika(ans) ...

Ek kan net s, "Amen, sela."

Want praat kan ons praat. Maar ons moet ook speel en sing -- en dn. En dis waar ek opnuut hoop en asem skep. Want, so glo ek in my hart 
en my murgbeen, niks wat mens so lekker laat kry soos Afrikaans kan op pad uit wees nie. Trouens, as ek kyk na Kakiebos se reeks kondome 
wat binne twee en 'n half jaar gegroei het van 'n oplaag van 40 000 tot 480 000 -- en vanPiet Pompies en Bobbejaan Klim die Berg tot by 
Pollie ons gaan Prel Toe, Klopdisselboomen Opsitkers -- sou ek s ons ou taaltjie is nie aan 't gane nie; hy's veel eerder aan 't kome. 
Linette Retief is 'n bekroonde vryskut-reklameskrywer.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6419.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

